
Dag tot dag Sake
Dag tot dag Sake
God se hartklop vir ons
Ons glo dat God altyd aktief besig is in Sy Skepping. As Vader, Seun en Gees is Hy nie afwesig nie, maar deel van ons leefwêreld. As 'n gestuurde gemeente in die Weskus is ons konstant soekend na God se hartklop vir ons as gemeenskap. God se hartklop vir ons word sigbaar deur ons gemeentelike visie en daarom glo ons dat ons 'n omgee-gemeenskap moet wees waar ons naby aan God tot seën vir mekaar en ander moet lewe. Dit vra dat ons konstant sal oefen aan ons vermoë om mense te wees wat God se visie leef. Ons leef immers nie vir onsself nie, maar vir God se Koninkryk. Om ons visie te laat leef is die volgende ons fokus:
* Die vestiging van waardes wat ons Godgegewe karakter openbaar.
* Die inoefening van geestelike gewoontes om ons nuwe karakter te vestig.
* Die skep van ruimtes waar ons saam kan oefen. Hier speel die erediens en omgeegroepe ‘n sentrale rol.
* Die begeleiding van lidmate in hulle soeke na God se hartklop vir hulle.
* Die bemagtiging van bedieningspanne waar lidmate hulle passie en gawes kan uitleef.